|
|
* * Kliek vir Facebook blad hier.![]() Namibië vier hierdie jaar Die Outjo Wildsfees se 16de bestaansjaar op 1 en 2 Mei 2020 by Sophienhof Lodge, 10km buite Outjo op die Khorixas pad. Dit beloof om weer ʼn fees te wees om te onthou en die belangrikste van alles … dit bly steeds: "Die Lekkerste Fees in Namibië!" Onthou die Outjo Wildsfees val in die Namibiese Winter skoolvakansie! Maak 'n naweek daarvan, bring die hele gesin, laai vir ouma en oupa op, nooi jou beste vriende of jou hele familie en kom deel in alles wat Outjo se gasvryheid jou kan bied. Bly oor in Sophienhof of die Tentedorp en "Overlander Camp" op die feesterrein. Of bespreek jou slaapplek betyds by enige van Outjo en die omgewing se vele Lodges, kampplekke, hotelle of gastehuise. Stalletjies open elke oggend om 8:30 met ʼn verskeidenheid van produkte, voertuie, inligting, speletjies, heerlike kossoorte om aan te smul en verfrissende drankies om jou met nuwe moed te besiel. Kyk na die webtuiste om advertensies van stalletjies daarop te sien. Met twee vermaaklikheidstente om van te kies (Hooftent en die Glaskas in die OK Proe-en Kuier- tent) word vanjaar nog meer vertonings aangebied. Kaartjies is reeds beskikbaar by Computicket of te koop by OK Foods Outjo of op die feesterrein self. Die Volledige program is op facebook ook beskikbaar. Deur die loop van twee propvol dae word feesgangers 'n fees van vermaaklikheid, te doene, te ete en te drinke gewaarborg. Jy kan uitsien na 'n Perdeskou, Mountain Bike - off Road Run en Kids Duathlon, Baba foto-kompetisie en Sky Productions se vertoning waar plaaslike talent jou gaan vermaak. Kunstenaars tree op van 11:00 in die oggende tot 23:00 in die aande. Rias Oberholzer, Two Hats, Danie en Arina, Len en Joharetha Nel en Willem de Waal sorg Vrydag en Saterdag vir vermaak en jolyt tot 18:00. Vrydagaand vanaf 18:00 kan jy uitsien na Jan Rhaap, Kevin Leo, Juan Boucher, die Broers en Snotkop. Saterdagaand vanaf 18:00 kan jy uitsien na vermaak deur die Broers, Joe Vorster, Caroline Grace, Jay en JO Black. Beslis 'n lys van die beste kunstenaars op die Suid-Afrikaanse musiektoneel!
|